Valies

Hester se skrywe laat my terugdink aan lank lank gelede.  Ons het toe nog die karavaan gehad en die kinders was klein.  Nogal gereeld het ons na Voetplaatpark gegaan met vakansie.  Die park is lekker beskut met bome, so die wind waai jou nie weg nie, terwyl jy steeds die see kan hoor.  Mens het ook die keuse om te kamp en ablusie-geriewe te deel, of om jou eie kombuisie en badkamer te hê, heerlik gerieflik wanneer jy in die nag moet opstaan.

In elk geval, lank lank gelede, toe ek nog ok-erig gelyk het in ‘n bikini, was ons saam met vriende by Voetplaatpark.  Op die eeerste dag daar, het ons vinnig afgepak en afgesak op die see.  Daar gekom, was daar maar min mense in die onstuimige golwe, maar soos Valies maak, het ek en my vriendin besluit, vandag gaan ons swem, come hell or high water(letterlik).

Ons was skaars in die water, toe ons besef waarom so min mense swem.  Die branders het ons onderstebo en agterstevoor geslaan.  Naderhand het ons nie meer geweet watter kant bo of onder is nie.  Die bikini toppies en die broekies is menigmaal vervaard opgetrek.  uitasem val ons op ons handoeke neer en staar, soos die res van die mense op die strandn wrewelrig na die see.

‘n Ouerige omie kom verbygestap en stop voor ons twee wat soos natgereënde hoenertjies op die strand sit.  Eers dog ons hy wil net ‘n praatjie maak, maar sy woorde:  “Baie dankie juffroutjies, julle tweetjies het my vakansie gemaak, met julle skouspel daar in die brandertjies”  Hy stap verder en ons hoendergesiggies is bloedrooi gebloos.

18 thoughts on “Valies

  1. Ek het eenkeer ‘n boob tube aangehad en toe slaan die branders my top af tot in my middel en ek bots teen twee bene…..een van my kliente van die bank!!! Het vir baie lank verdwyn as hy banksake kom doen het!

    Like

    1. Hoe werk dit? Dis mos altyd wanneer jy op jou slegste lyk dat jy in iemand vasloop (swem) wat jy ken. Wanneer jy ordentlik lyk sal jy niemand raakloop wat jy ken nie. Eish, lekker gelag hoor

      Like

      1. Jip….die see haal enige ding uitmekaar. My een vriendin het die eerste keer toe sy ‘n g-string aangetrek het, die ding verkeerd aangetrek en sover as wat sy water toe stap het daar natuurlik baie kommentaar gevolg. Toe try sy daai situasie in die branders regmaak met katastrofiese gevolge!

        Liked by 1 person

  2. Ja, nee, die see vat nie nonsies van Valies nie. My man was nooit by die see gewees. Na ons troue besluit ons(eintlik vorseer ek hom) om see toe te gaan. Ewe braaf stap hy sommer die see in. Ongelukkig was daar redelike golwe en branders, Die eerste brander slaat hom van sy voete af. Swembroek vol sand staan hy op. Was nogal n gesig gewees. Hy was 6 vt 4dm en 110kg. Nou moet jy besef dis nogal n lyf om om te slaan.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s