Soos ‘n dief in die nag

Nourie dag hoor ek die term “Covid-somnia” vir die eerste keer, toe wonder ek of die grootste dief nou nog ons slaap ook kom steel het en hoe dit nou eintlik werk. Is dit mense wat reeds Covid gehad het of het wat nie kan slaap nie, of is dit almal wat bekommerd is oor wat Covid aan die ekonomie, werkloosheid en hulle eie situasie nog gaan doen, wat nie kan slaap nie? Een ding is ‘n feit, Covid raak ons almal op meer as een manier.

Hier is my nuwe roetine:

  1. Raak aan die slaap voor die tv, so 10 uur elke aand
  2. Klim in die bed, sukkel om aan die slaap te raak
  3. So 1 uur – raak uiteindelik aan die slaap
  4. 3 uur – Skrik wakker en moet dadelik badkamer toe, klim terug in die bed en rol rond
  5. 4h30 – Skrik weer wakker, moet weer badkamer toe, rol weer rond
  6. 5h00 – Grim staan op en as ek dalk geslaap het, skrik ek weer wakker
  7. 5h45 – Grim ry werk toe, ek probeer weer slaap
  8. 8h15 – Skrik vervaard wakker en gaan maak koffie, jippo die rekenaar sodat dit lyk asof ek “aanlyn” is
  9. Gaan bad, maak bed op, skuif 9h00 voor rekenaar in om met ‘n baie dik kop te probeer werk
  10. Herhaal stappe 1 to 9 elke aand

Daar is ‘n klomp artikels oor die slaap-dief, google maar net Covid somnia en hulle kom een na die ander op. Hierdie een gee oulike raad wat ek definitief gaan probeer https://www.aarp.org/health/healthy-living/info-2021/covid-insomnia.html

12 thoughts on “Soos ‘n dief in die nag

  1. Positief, ek gaan slaap nou wel al 8 uur saans, en hier is nie ń man om my wakker te maak nie. Maar die res van my nag eggo joune. En die alewige ge-badkamer ganery ewe skielik kry my onder! Waar is deurnagslaap heen!!!

    Liked by 1 person

      1. Dischem. Kyk online ook. Ek was gelukkig dat my sus vir my al hare gegee het voor sy skotland toe is so ek weet nie wat dit kos nie. Maar die drs beveel dit ook aan as jy covid het…

        Liked by 1 person

    1. Laat weet as jy een kry wat werk. Ek het gisteraand ‘n slaappil gesluk en het heerlik geslaap, voel sommer stukke beter vanoggend, maar mens kan dit nie elke dag doen nie

      Like

Lewer kommentaar